Die Reef Hunters NPO hou hulle jaarlikse fondsinsameling hengelkompetisie vir almal wat mal is oor hengel.
Die terrein is oop vanaf Vrydag sodat almal kan instem, die hoofkompetisie vind Saterdag plaas, en Sondag word afgesluit met sosiale hengel.
Geniet ’n lekker skaapspit met vermaak, fantastiese pryse om te wen, en ’n lekker kuier waar gesinne en vriende baie welkom is om by te woon. Slaapplek is beskikbaar teen ’n ekstra koste vir wie wil oornag, en borge wat wil hand sit of betrokke raak, is meer as welkom om hand by te sit.
Vir enige navrae kan jy gerus vir BJ skakel: